ek luister

duisende stemme skree in my ore
maar daar is net een wat ek bo die ander hoor
‘n fluistering sag, gerustellend
die stem van God
soet en helend
en al wil my vlees iewers anders wees
ek kan nie sonder Hom
daarom te midde van verlatenheid en vrees
reik my ore uit na slegs sy stem

ek hoor my God,  ek luister
maak nie saak hoe sag U fluister